
=====================================================================
Voorsitters (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Voorsitters

  Mnr. Conrad Sidego is die nuwe voorsitter van die Stigting vir Afrikaans se trusteeraad. Sy boodskap by sy intrede is:
"Een van die kernaktiwiteite en uitdaginge van die Stigting vir Afrikaans is en bly sy rol om 'n skeppende rol te speel in die 
meertaligheidsomgewing van ons ontluikende demokrasie. Die situasie is kompleks, daarom tas ons nog rond na ideale oplossings te midde van 
aansienlike sensitiwiteite uit verskeie oorde. Om in die voorsitterstoel van hierdie organisasie te wees, sal dus kreatiewe denke verg. 
Terselfdertyd word ek sterk gesteun en bemoedig deur onbevange trustees met oop gemoedere en ywerige personeel wat kans sien vir ons rol."

---------------------------------------------------------------------



Prof. Elize Botha het vanjaar as voorsitter van die trustees en as trustee van die Stigting vir Afrikaans uitgetree. Sy was stigterslid van 
1992 en voorsitter van 1994. Haar afskeidsboodskap is:
"Dit was een van die inspirerendste avonture van my lewe, om in die beginjare van die Stigting vir Afrikaans deel van die vestigingspan te 
wees. Die avontuur was veral daarin, dat ons kon ervaar hoedat 'Die Afrikaanse Gedagte' steeds nuwe vorme begin aanneem. In hierdie 
vernuwingsproses het die Stigting 'n voorloper geword: gevoelig vir verandering, pleitbesorger vir verskeidenheid. In di jare het daar 
binne die Stigting soveel diepte aan leierskap en rigtinggewende denke ontwikkel, dat ek met groot vertroue my plek aan my opvolger kon 
afstaan. My spanmaats weet ek sal steeds die pad van die Stigting bly volg."


Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av646.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

